http://www.icalways.co.za/index.html
'n Paar van my sieninge
Interessante Websites
Boeke wat jou lewe sal verander
'n Broer uitverkoop aan Christus
'n Kerplanter
'n Kerkplanter
'n Gemeenskap in Christus
Passievolle gemeenskap met God
So bietjie van myself
http://www.icalways.co.za/contact.html
In Christ Always
"Begin seeing Christ behind everything. When you finally understand that Christ is everything you need, then you will have become truly Christocentric. Then will you share with the Father the most precious thing He has - His Son. Christ will become your only perspective, your only hope, your only possession, and your only interest. Everything else will fade into insignificance." ~ Manfred Haller ~

Wie is Ons?

As gesin was ons die afgelope vyf jaar deel van 'n groep wat eers oor Johannesburg and Pretoria versprei was. Ons het toe besluit in 2001 om almal saam na Alberton te trek en het daar in gemeenskap gebly in die buurt genaamd Raceview. Ek het in hierdie tyd die Here leer ken op 'n manier wat ek desperaat is om weer in 'n groep te he. Ons woon nou in Kempton Park en is op soek na ander gelowiges soos ons wat moeg is vir al die bygevoegde dinge van die georganiseerde kerk. Wat glo dat daar meer moet wees as net kerk toe gaan en biduur he, en dat dit moontlik is om Christus persoonlik en diep te leer ken.

Ek is nie 'n predikant of kerk leier of enige iets in daardie lyn nie.

Ek het bloot 'n punt bereik waar ek nie meer in 'n kerkgebou kan sit en glo dat dit is wat Christus vir sy kinders op aarde bedoel het of dat dit die PLAN is waarmee 'n soewereine Al-Kragitge God vorendag kon kom nie.

Ek het toe begin soek en afgekom op 'n groep mense wat oor die afgelope 20 eeue versprei is, wat altyd buite die georganiseerde kerk was, maar wat 'n intense persoonlike verhouding en ervaring van Christus het.

Ek het van hulle ervaring en hulle geskiedenis gelees en daarin 'n God gevind wat van ons weerhou word in die hoofstroom Christendom.

'n God met 'n onuitputbare passie vir sy Seun en 'n God met 'n ongelooflike plan en liefde vir ons as individue maar ook 'n plan met die kerk wat ons verstand te bowe gaan.

Ek het hierdie God leer ken oor die afgelope vyf jaar (in 'n baie klein mate, Hy is so ongelooflik groot), en my enigste doel is om ander Christene ook hiervan bewus te maak:

God kan geken word. INTIEM. Deur elke kind van Hom.

Hy kan deel word van ons alledaagse lewe op 'n wyse wat jy nie eers kan imagine nie.

Maar dit is 'n "costly" pad,dit beteken jy moet REGTIG minder word en Hy meer, nie hierdie goedkoop alternatiewe wat so deel van die kerk is vandag nie. Dit is ook 'n stadige pad. Niks "fastfood" hier nie, elke dag 'n biejie, maar elke dag meer!!

As jy in so iets sou belang stel, laat weet my, dan kan ons gesels.

Ek het nie al die antwoorde nie, maar ek ken ander wat ook hierdie pad al langer stap en weet van al die slaggate en weet hoe om te motiveer.

Christo 0833800689